
=====================================================================
Afrikaans Vandag sit hand by (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans Vandag sit hand by

---------------------------------------------------------------------

Die Promosa Sekondre Skool in Potchefstroom het 153 leerders (18% van die totale leerlingtal) wie se moedertaal nie Afrikaans is nie. Die 
skool is die afgelope vyf jaar al dubbelmedium en gevolglik word Afrikaans as eerste en tweede taal aangebied. Daar is egter nie 'n 
onderwyser net vir die tweedetaalkomponent nie en die onderrig in eerste en tweede taal vind gesamentlik plaas. Die personeel wat vir die 
vak verantwoordelik is, moet dus probeer om binne klasverband sodanig te differensieer dat nie een van die twee groepe afgeskeep word nie. 
Aangesien Afrikaans op tweede taalvlak nie noodwendig 'n makliker weergawe van die eerste taal is nie, is dit 'n feitlik onbegonne taak. 
Nie net verskil die sillabusse van mekaar nie, maar die hele benadering tot die metode van onderrig behoort aangepas te word om die taal 
vir nie-moedertaalsprekers toeganklik te maak.

Sedert die verskyning van my artikel "Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe" in Afrikaans Vandag se uitgawe van Desember 1999, het die 
Potchefstroomse Universiteit deur sy skolebemagtigingsprogram ook betrokke geraak by Promosa Sekondre Skool. Die tweede taalleerders van 
graad 9 tot 12 het sedert Januarie 2000 die geleentheid gekry om weekliks nauurs 'n uur lank aparte onderrig in die fundamentele konsepte 
van die Afrikaanse taal te kry. Sedert Augustus 2000 word ook graad 8 by die program betrek.

Vir hierdie lesse is 'n boekie saamgestel om basiese taalrels te verduidelik en in te oefen. Verder word taalspeletjies gebruik om lesse 
interessant en vriendelik te maak. Die salaris van die fasiliteerder kom uit die PUK-Kanseliersfonds en die bedryfskoste is tot dusver 
gedra deur geld wat privaat ingesamel is.

Hierdie fondse is o.a. afkomstig uit reaksie uit ons eie geledere n die verskyning van die artikel in Afrikaans Vandag, asook uit 
Nederland en Belgi. Ek spreek my dank uit teenoor elkeen wat 'n bydrae gelewer het. Die buitelandse geld was 'n kontantkollekte in 
Amsterdam by 'n vergadering van die NZAV, en studente van die Jongerenprojek het ook 'n fonsinsameling gehou.

Dit is met bekendstelling deur middel van publikasies soos Afrikaans Vandag dat dringende sake soos hierdie aangepak kan word. Fondse word 
sodoende bekom en kontak met ander leerfasiliteerders word bewerkstellig. S deel ons met mekaar, of dit nou probleme, idees, vraestelle, 
boeke of ondervinding is.

Al gaan dit oor die groter saak van die toekoms van Afrikaans, mag ons die kinders met wie ons werk, nooit uit die prentjie laat nie. Onder 
die hoofsaaklik Setswanasprekers by Promosa Sekondre Skool is die reaksie en positiewe ingesteldheid teenoor Afrikaans baie bemoedigend. 
Die meeste van hulle praat Afrikaans met vrymoedigheid en wil graag hulle geskrewe Afrikaans op 'n ho standaard kry. Ons kan net hoop dat 
daar voldoende fondse is om hulle in 2001 nog te help. Quinta Banghart se kontakadres is Malherbestraat 16, Potchefstroom 2531, Suid-
Afrika; telefoon: 27 (0)18 294-4710 en faks: 27 (0)18 299-1562.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7429.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

